Waar mense nuut word: Gees, Siel en Liggaam.

Na baie gebed, individueel èn as leiergroep en 100% eensgesindheid tussen almal, is ons opgewonde oor 'n nuwe seisoen in ons gemeente se lewe. Ons naam verander vanaf Familia Christi na NUWE LEWE FAMILIEKERK. Ons verhuis ook  1 Desember 2016 na 'n nuwe perseel. Ons hou op  4 Des ons eerste diens by die nuwe adres. Ons loof en prys Abba Vader vir Sy leiding, genade, liefde en voorsiening.

EL Roi Gebedskliniek

Ons het ELKE Maandagaand
'n “Gebedskliniek” by die kerk.
Enigeen wat gebedsbediening benodig, is welkom om tussen 19:00 en 20:00 in te loer.

  • Het jy behoefte aan gebed van watter aard ookal?
    Het jy genesing nodig?
    Gaan jy deur ‘n moeilike tyd?
    Is jy geestelik moeg?
    Het jy behoefte om net stil te raak in die teenwoordigheid van Abba God sodat Heilige Gees jou kan bedien?

Daar sal iemand wees wat saam met jou sal bid. Jy hoef nie alleen te worstel nie, kom rus en ontspan vir ‘n uur en herlaai jou ‘battery’ vir die week.

Bybelskool

PASSION FOR TRUTH 

BIBLE COLLEGE

WAAR: Nuwe Lewe Familiekerk
WANNEER: Sondagaande 18:00
DATUMS: Sal met studente gereël word.
WOON KLAS BY - Doen 1 module per maand en voltooi jou sertifikaat kurus in een jaar of werk op jou eie, in jou eie tyd, teen jou eie tempo.
Kry 'n handboek of werk net aanlyn.
Om in te skryf en inligting oor kostes, kontak vir
Elze Radyn by 084 6166 550 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Lees verder...

Copyright © 2016-2017. All Rights Reserved.